
BIEFSTUKBLOKKIES
Vir Agrilla Pot gebruikers
600 g biefstukblokkies
1 ui
1 tamatie
3 aartappels
1 teelepel kerriepoeier
¼ teelepel borrie
1 eetlepel appelkooskonfyt
sout na smaak
1 koppie lou warm water
koekmeel
Rol biefstukblokkies in die koekmeel.
Plaas die blokkies in ‘n medium casserole.
Sny ui in skywe en sprinkel oor die biefstukblokkie.
Skil tamatie en sny in blokkies as ook sny aartappels in blokkies en strooi oor biefstukblokkie.
Meng kerriepoeier, borrie en konfyt met koppie lou water en giet mengsel oor die vleisblokkies.
Plaas bak met deksel in oond teen 180 ºC vir 45 minutes.
Haal uit en voeg die sout na smaak by.
Plaas terug in oond en bak vir 1 uur teen 160ºC.
Bedien saam met rys.






