

APPELKRUMMELTERT (sonder eiers)
2 koppies koekmeel
¼ koppie suiker
¼ koppie botter
1 hoogvol teel bakpoeier
Vryf die botter in die meelblom in tot dit soos krumels lyk, voeg dan die suiker en bakpoeier by, voer ‘n tertbord met die helfte van die krummels uit – sit dan die appelmengsel in en gooi die res van die krummels bo-oor.
APPELVULSEL
6 appels, geskil en gesny
½ koppie suiker
1 hoogvol eetlepel mielieblom
½ koppie korente
Kook die appels, suiker en korente in water tot dit sag is, maak die mielieblom met bietjie water aan en voeg by. Laat net kook tot dit styf word, skep uit in die tertkors en gooi die res van die krummels bo-oor. Bak in oond van 180 ºC vir ongeveer 30 min of tot gaar.
Foto: Natacha Visagie – Ek het wel kaneel (so teelepel) en 150 g botter by die apples gevoeg terwyl dit kook. Daai stropie is ook in die pie in. Die crumble wat oorgebly het, het ek so halwe koppie klapper bygevoeg en gemeng voor ek dit oor die appels gestrooi het







geskuif