ALASKA
1 laagkoek
120 g gemengde glansvrugte
60 ml rum of brandewyn
4 eierwitte
125 ml strooisuiker
1 liter stywe vanilla roomys
Week die vrugte in die rum of brandewyn.
Klits eierwitte tot skuim, voeg suiker by en klits totdat dit styf is, maar nie droog nie.
Sit die koek in ‘n vlak vuurvaste skottel.
Bedek met die geweekte vrugte. Sit roomys bo-op vrugte maar los ‘n skoon rand van 25 mm.
Bedek roomys en koek heeltemal met merinque (stywe eierwit).
Verbruin die merinque in ‘n baie warm oond (200°C) vir omtrent 2 min. Sit onmiddelik voor.
WENK: Indien verkies kan dit met vrugte en room of sjokolade vlokkies versier word.








