

THAI ROOI KERRIEPASTA
4 salotte of klein ui gekap
4 knoffeltoontjies
2 stingels suurlemoengras gekneus en gekap
4 koljanderwortel gekap
2 rooi rissies
1 teelepel droë galangal poeier ( Kan 2 teelepels vars gerasperde gemmer gebruik)
1 teelepel gerasperde lemmetjieskil
1 teelepel shrimp pasta (Dit is ‘n belangrike bestanddeel, dit ruik nie lekker nie maar is ‘n moet. Kan dit by chinese kos winkels kry of WW. Dit hou lank in die yskas)
1 gedroogte kaffir lime blaar. ( Kan dit ook by WW kry ingelê in botteltjie)
3 teelepels paprika
1 teelepel komyn saad
2 eetelepels olie
Meng al die bestanddele in ‘n voedselverwerker of stamp tot fyn in vysel. Bêre in yskas en gebruik soos nodig. Kry dit ook nou in botteltjies of pakkies in supermarkte maar dit is rerig nie dieselfde nie.
Resep: Martie Fourie Moolman






