
SULTANA BLATJANG
Kook die volgende saam:
2 koppies asyn
2 ½ koppies suiker
1 teelepel sout
Voeg 4 groot gesnyde uie by en kook saggies vir 10 minute.
Voeg by:
1 eetlepel kerriepoeier
1 teelepel borrie, gemeng met 2 eetlepels soetwyn
Voeg 1 kg sultana korrels by en kook vir 20 minute.
Roer 5 teelepels maizena, aangemaak met bietjie water by.
Kook goed deur en bottel warm.
Bron: Radio Namakwaland






