
STOKBROOD
Jy benodig (vir 2 brode)
1 kg (7 koppies) witbroodmeel (of gebruik helfte Nutty Wheat en helfte witbroodmeel)
2 teelepels suiker
1 teelepel sout
1 pakkie (10 g) kitsgis
1 eetlepel olie
sowat 2 koppies louwarm water
Meng die droe bestanddele en gooi genoeg louwarm water by om ‘n hanteerbare deeg te vorm.
Knie die deeg tot glad.
Sit die deeg in ‘n gesmeerde bak en bedek dit met kleefplastiek. Laat staan dit
vir 15 minute op’n warm plek totdat die deeg in volume verdubbel het. Dis nou reg vir gebruik.
Stokbrood:
Laat die deeg toe om die eerste keer te rys en knie dit dan af. Rol dit
met ‘n koekroller uit op ‘n meelbestrooide oppervlak tot sowat 15mm dik en sny dit dan in repe.
Draai die repe om stewige stokkies en braai dit dan oor matige, grys kole tot goudbruin en gaar. Draai dit deurentyd om. Sodra dit gaar is, sal die stokbrood maklik van die stokkies afskuif.
Jy kan ook die holtes vul met gebraaide wors of botter, appelkooskonfyt en gerasperde kaas.






