

SOLDAAT POEDING (IDEAL MELK POEDING)
Maak 1 meduim tert
1 blikkie ingedampte melk (Ideal melk)
1 blikkie kondensmelk
2 eetlepels fyn appelkooskonfyt
2 eetlepels suiker
1 eetlepel gelatine
2 eierwitte,styfgeklits
Kook die blikkie ingedampte melk vir 20 minute die vorige dag en plaas oornag in yskas.
Klits die melk in ‘n groot genoeg glasbak totdat dit dik en romerig is.
Voeg die kondensmelk by, hou aan klits en voeg die konfyt en suiker by terwyl nogsteeds aanhou klits.
Los die gelatine in louwarm water op, totdat dit lyk soos lym en klits dit by die melkmengsel.
Vou die styfgeklitsde eierwitte by die melkmengsel in. Giet die mengsel in ‘n tertbak en plaas in die yskas tot koel.
Geniet my soldaat poeding.
Plasing: Jaenette Hough Meyer
Resep getoets en foto: Leon Kotzé







geskuif