Stroop:
1 blik idealmelk (gebruik ¾ blikkie)
1 koppie suiker
2,5 ml vanilla geursel
Kook die bestanddele saam tot suiker opgelos is. Giet die stroop oor die warm koek sodra dit uit die oond kom.
Versiering:
¼ blikkie ideal melk
100 g blok neute sjokolade
Smelt die sjokolade saam met die ideal melk en giet oor die koek wanneer die die koek afgekoel het.
Geniet.









Frances Smith het die veranderinge aangebring met die maak van die resep:
Het bietjie meer Ideal melk gebruik om 2 groot sjokolade slabs in te smelt en het ekstra neute bygevoeg.
Laurika Smit du Preez
Ek het die Ideal melk koek sondag gemaak dis flippen lekker!
Nikki Laubscher
Ek het n sjokolade koek met ideal melk (op die blog) gebak….dit is verskriklik lekker…