
OLIEBOLLE
2 eiers
250 ml suiker
125 ml gesmelte botter
20 ml bakpoeier
500 g koekmeel
1 ml sout
2 ml fyn kaneel
2 ml gerasperde neut
1 ml fyn naeltjies
250 ml suurmelk
kaneelsuiker
1 ml koeksoda
Klits die eiers lig en skuimerig en voeg die suiker en botter by. Roer totdat al die suiker gesmelt is. Sif die droë bestandele en roer dit afwisselend met die melk in die eier-en-suiker-mengsel. Dit moet ‘n effense slap maar tog rolbare deeg vorm. Rol die deeg 8 mm dik uit op ‘n meelbestrooide plank. Druk uit met ‘n oliebol-drukker of
gebruik ‘n skonvormpie.Druk dan met ‘n groot vingerhoed ‘n gat uit in die middel van elke vormpie. Maak die gat met die vinger grootter.Braai ‘n paar op ‘n slag bruin in warm, diep vet. Draai elke oliebol eenmaal om.
Dreineer op bruinpapier en strooi kaneelsuiker oor. Eet by stomende koffie.
Lewer 16-20 olieboll
UIT ONS KOMBUIS






