MAKLIKE DONUTS
3 koppies koekmeel
1 koppie strooisuiker
3 teelepels bakpoeier
1 teelepels sout
250 g sagte botter
2 eiers
1 ½ koppies melk
Meng meel, suiker, bakpoeier en sout saam in ‘n groot mengbak. Voeg botter, eiers en melk by en meng met elektriese klitser tot die mengsel dik en romerig is.
Voorverhit die doughnut maker vir 4-5 minute. Plaas 1 eetlepel van die mengsel in elke doughnut gaatjie. Maak toe en kook vir 2 minute of tot goudbruin.
Verwyder die warm doughnuts versigtig van die maker en plaas op ‘n rakkie om af te koel.
Resep geplaas deur Ella Badenhorst