

MARLEEN SE KLAPPER MALVALEKKERS
Beproef en heerlik!
Kook 1 000 ml suiker en 375 ml water vir 7 minute op vinnige hitte.
Los 60 ml gelatien op in 200 ml koue water deur dit net bo-op te strooi.
Voeg dit by die gekookte stroop as dit van die stoof af kom, saam met 5 ml vanilla geursel.
Laat afkoel tot koud.
Klits baie vinnig met ‘n elektriese menger vir 12 minute.
Dit word ‘n dik en skuimerig mengsel.
Giet in ‘n gespuite bak.
Laat afkoel in die yskas.
Neem klapper en verbruin dit onder jou oond-element tot ligbruin.
Roer kort-kort. Dit verbruin baie vinnig.
Sny die lekkers in stroke.
Rol in die klapper.
Sny sommer met ‘n sker in blokkies.
Bedek dan al die kante met die klapper.
‘n Wenner !
Resep en foto: Marleen Basson Niemandt






