BESKUITJIE FUDGE
Plasing: Riana du Plessis
Foto en nota: Nicolene Pienaar
FOOD LOVERS RECIPES
1 pak Marie beskuitjies
250 g botter
1 pak versiersuiker (500 g)
30 g kakao
1 eier
Breek beskuitjies in stukkies.
Smelt botter, voeg suiker en kakao by en roer. Klits eier en klop vinnig by.
Haal van stoof af en roer beskuitjies by.
Skep in pan, en laat afkoel. + – 60 klein blokkies
Nota: Nicolene Pienaar – Ek wil net een ding noem, ek sit my plaat op 2, dan gooi ek solank die botter in om te smelt, dan sif ek gou die goed, en krummel die koekies, dan is die botter al gesmelt as ek klaar is, en as julle die eier ingooi, haal jou pot van die plaat af en roer dit vinnig in, anders word die eier gaar en maak stukkies eier in die fudge, dit was my heel eerste baksel se probleem maar het uit my fout uit geleer.








