LEKKER GEBAKTE PATATS MET MARSHMALLOWS
Was en halveer patats.
Sit marshmallows bo-op elke patat.
Bak in oond teen 180 ºC tot gaar, ongeveer 45 minute.
Kan ook die patats in foelie toedraai tot gaar gebak oor kole.
Maak foelie oop, halveer patats, maar behou die foelie en maak ‘n tipe bakkie rondom die patat, moenie toemaak nie.
Pak nou marshmallows bo-op en sit weer terug op rooster sodat die marshmallows kan smelt.
Jy kan dit ook uit foelie haal, pak in ‘n platboompan met deksel, sit marshmallows bo-op, sit deksel terug en sit bietjie kooltjies op die deksel vir so 10 – 15 minute tot marshmallows gesmelt het.
Plasing: Vanessa Fourie Willemse








