500 g maer maalvleis
2 stokke seldery, fyngekap
2 middelslag wortels, gerasper
200 g botter (nie margerien nie)
250 ml droë wit wyn
30 ml tamatiepasta
500 ml goeie vleisaftreksel
2 lourierblare
bietjie tiemie en vars origanum na smaak indien verkiessout en peper
250 g vars sampioene, gekap
3 knoffelhuisies, fyn
200 g gekapte ham
mengsel van gerasperde cheddar en mosserella kaas (soveel soos jy lus het)
Parmasaan kaas om bo-oor te strooi
so 500 ml witsous
Lasagne pasta velle
Soteer die uie, knoffel, wortel en seldery, en sampioene voeg vleis by en roerbraai tot vleis verkleur.
Voeg die wyn by en roerbraai nog ‘n bietjie.
Voeg die aftreksel en tamatiepasta sout en peper en ‘n lourier blaar by.
Sit deksel op en prut vir so 30 min. Roer nou en dan.
Maak lae met lasangne velle, vleis, kaas en witsous.
Eindig met witsous, bak tot bubbly en strooi parmasan oor.
Ek het ‘n pasta masjien en maak my eie lasagne velle
RESEP EN FOTO: Martie Fourie Moolman







