

KFC HOENDER IN DIE OOND
Genoeg vir 4 porsies
100 ml koekmeelblom
10 ml (2 teelepels) sout
peper na smaak
20 ml (4 teelepels) hoenderaftreksel poeier
100 ml droë witbrood krummels
1 ml kerriepoeier
2 ml paprika
2 eiers, geklits
8 hoenderboudjies
sowat 30 ml (2 eetlepels) olie
Voorverhit die oond tot 180°C en spuit ‘n oondbak met kossproei of smeer met gesmelte botter of margarien.
Meng die meel, sout, peper, hoenderaftrekselpoeier, droë witbrood krummels, kerriepoeier en paprika in ‘n groot mengbak.
Doop die hoenderporsies in die geklitste eier en doop elke porsie in die droë meelmengsel.
Skud die orige meelmengsel af en pak die porsies in die voorbereide oondbak.
Strooi die orige meelmengsel oor die hoender en bedek die oondbak met foelie.
Bak 40 minute en verwyder die foelie.
Sprinkel ‘n bietjie olie oor die hoender en bak nog sowat 20 minute of tot gaar en bros.
Sit voor saam met aartappelskyfies en kool-en-wortelslaai.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie






