

HEERLIKSTE AARTAPPEL-SPUD
Hierdie is net vir een persoon maar jy kan die resep aanpas.
1 GROOT aartappel (dit was my hele aandete), gekook in soutwater tot sag
Braai saam:
1 ui
4 spierwit sampioene
kwart van ‘n klein greenpepper (alles opgesny in klein blokkies)
knoffel in olie
braaispeserye, sout en varsgemaalde swartpeper
Alles uitgebraai in bietjie olyf of sonneblom olie.
Voeg hierby 125 ml ham in blokkies gesny, jy kan ander kouevleisies ook gebruik.
(ek koop mini-ham en laat dit opsny soos ek dit wil hê)
Maak ‘n lekker dik witsous en meng al die bogenoemde daarmee, 250 ml is genoeg.
Hol nou die aartappel uit, meng die aartappelvleisies ook met bogenoemde en skep terug in die aartappel.
Dit moet lekker hoogvol staan. Strooi cheddarkaas bo-oor en bak in die oond by 180 ºC totdat die kaas goudbruin is.
Ek het myne gehad met ‘n vars groenslaai en dit was so so lekker!
Plasing: Wilma Josey Venter






