

GEBAKTE KONDENSMELK TERT
1 blik kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
5 eiers geskei
6 eetlepels strooisuiker
1 pakkie Tennisbeskuitjies
Klits kondensmelk en suurlemoensap saam tot styf.
Voeg geklitste eiergele by
Pak tennisbeskuitjies in tertbord, en gooi die mengsel bo-oor
Klits eierwitte styf en voeg die strooisuiker geleidelik by
Skep bo-op die vulsel
Bak in matige oond so by 150 ºC, tot eierwitte goudbruin is. ENJOY!!!!
Nota: Om te voorkom dat die tert waterig raak onder die meringue, strooi bietjie maizina oor die tert voor jy die eierwitte opsit, dit help daarvoor – Rina Kleinhans
Resep Linda Venter
Foto: Joey Kruger







geskuif
Rolien CermakRolien
Druk een suurlemoen uit en sit sap met vesels by mengsel en rasper suurlemoenskil ook daarin.