FLORAINE SE AARTAPPELVULKAAN
kapokaartappels, soveel soos benodig
30 ml botter
50 ml koekmeel
500 ml melk
2 eiers, geskei
500 ml gerasperde chedderkaas
1 ml mosterd
5 ml sout
peper na smaak
½ koppie broodkrummels
1 koppie gerasperde kaas
Voer die boom en kante van ‘n gesmeerde bakskottel van 25 x 25 cm, met kapokaartappels uit. Stel die oond op 200ºC. Maak ‘n witsous van die botter, meel en melk. Klits die eiergele by die witsous in, verwyder van stoof en roer die kaas, mosterd, sout en peper by. Klits die eierwitte styf en vou liggies in by die witsousmengsel. Giet die witsousmengsel oor die kapokaartappels. Strooi die krummels gemeng met die koppie kaas, bo-oor en bak vir 25 tot 30 min in die voorverhitte oond. Skep met ‘n roomysskoppie lepelsvol van die gebak in warm sop, garneer met dille of pietersielie. Ek gebruik hierdie vulkaanballe al jare in my sop wanneer ek wil beindruk, glo my dit proe en lyk uit die boeke!
Resep: Floraine Wasserman Venter
One thought on “FLORAINE SE AARTAPPELVULKAAN”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.









geskuif