Klits eiers en suiker tot lig en donsig.
Sif meel, bakpoeier, sout saam en vou by eiermengsel in, moenie klits nie.
Verhit melk en botter maar moenie kook nie, roer vanilla by en voeg nou by meelmengsel en vou in.
Skep die beslag in papierkoppies en bak op 180ºC vir 15 min.
Versiersel:
100 g sagte regte botter
500 ml versiersuiker
5 ml vanilla geursel
20 ml melk, indien nodig
Klits botter tot sag, voeg suiker by en klits tot smeerbaar. Voeg kakao (indien sjokolade kolwyntjie) en geursel by en meng. Versier soos verlang.
Nota: As julle sjokolade kolwyntjies wil maak, vermeerder die melk na 300 ml en voeg 60 ml kakao by. So ook die versiersel, 60 ml kakao word bygevoeg.
Resep en foto: Jeanette van Leeuwen








