CAROL SE BILTONG POTJIE
6 uie
1 pak sampioene
genoeg biltong
1 Blik pitmielies
1 pak noedels (gedraai of skulp) (Gaargemaak)
½ groen soetrissie (pepper)
2 houertjies vars room
redelike stuk gerasperde kaas (Hoe meer kaas, hoe lekkerder)
Braai uie en sampioene tot gaar. Voeg biltong by. Voeg gaargemaakte noedels by. Plaas “green pepper” en pitmielies bo op. Rond af met 2 houertjies room en baie gerasperde kaas.
Byskrif: Hierdie resep is ryk, maar so lekker. Dit gaan baie vinnig om te maak. Bedien dit saam met ‘n lekker mengelslaai
(Vir 10 mense)
Resep: Carol Elliott Claassen








