
BYKOSSE EN SLAAI VIR ‘n BRAAI / SPITBRAAI
VOORGEREGTE
Om die hongerpyne te stil kan crudités en doopsouse, taramasalata en bros, vars brood of patees en beskuitjies. Op ‘n koue dag kan self ‘n warm sop in bekers bedien word, maar omtrent 20-30min voordat die hoofgereg bedien word.
BYGEREGTE
Stysel:
Alle vorms van brood is baie gewild, franse brode, rolletjies, kruie- of knoffelbrood, potbrood, mieliebrood, stokbrood en vetkoek
Pap van mieliemeel, stywe- of krummelpap met die tradisionele tamatie en uiesous
Aartappels in die skil gebak, of in foelie in die kole, bedien met botter, suurroom en grasuie
Groente
Warm slaai – vars gekookte groente wat nog bros is met franse slaaisous, of die gewone groenslaai, of die eindelose lys van slaai soos aartappel, wortel, beet, drie bone, koolslaai ens om net ‘n paar te noem. Hou net die balans reg, moenie gebakte aartappels en aartappelslaai maak nie, of pasop vir teveel slaai met mayonnaise oor.
As mens plek het om die disse warm te hou, is die mieliegereg en die mieliepaptert ook ‘n goeie voorstel.
Geplaas deur Rina Kleinhans







Done