BRAAIVLEIS BAKED BEANS
1 x 410g Kook Baked Beans in tamatiesous
25 ml bruinsuiker
2 ml droe mosterd
65 ml tamatiesous
4 repe spekvleis fyn gesnipper
50 ml gepkapte ui
50 ml worcestersous
Stel oond op 180°C. Meng alles saam en gooi in oondvaste bak met deksel en bak vir 20 min. Verwyder deksel en bak verder vir 20 min.
Kan ‘n dag voor die tyd gemaak word. Bedien warm of koud.
Foto: Marie Fourie
Heerlik! Ek het Kerriepoeier en vars gemaalde swart peper asook ekstra ui bygesit. Ek persoonlik sal volgende keer eers alles braai en dan saam baked beans meng en dan sal ek dit vir korter in oond sit. Ek so bietjie bisto ook by gesit toe ek sien sousie bietjie loperig en toe terug in oond gesit. Baie lekker!








