BILTONG PARFAIT
60 ml gelatien
140 ml koue water
1 liter room
2 roosmaryntakkies
2 knoffelhuisies
500 ml biltong, fyngerasper
sout en peper na smaak
biltongrepies vir garnering
Sprinkel gelatien oor die water en laat week 2 minute. Klop met ‘n vurk tot sponsig en los oor lae hitte op.
Verhit die room, roosmaryntakkies en knoffel tot kookpunt. Haal van hitte af en laat koud word. Hou die deksel op om te verseker dat al die geur agterbly.
Gooi die roommengsel deur ‘n sif. Voeg die opgeloste gelatine en gerasperde biltong by die roommengsel, terwyl vinnig geroer word. Voeg sout en peper na smaak by.
Giet in gesmeerde vormpies en plaas in yskas om te stol (ongeveer 3 – 4 uur) Plaas die vormpies 5 sekondes in baie warm water en keer uit op borde.
Bedien met roketblare, blatjang en biltongrepies.
Resep: Tresa Hanekom