APPELTERTJIES-KLEIN APPELTJIES
4 eiers
180 ml strooisuiker (3/4 koppie)
310 ml koekmeel (1 1/4 koppie)
10 ml bakpoeier (2teelepels)
180 ml margarien gesmelt (3/4 koppie)
1 blik appels(baba)400 g gedreineer
Voor verhit oond tot 180 Grade C
Spuit muffin pan met kossproei
Klits eiers, strooisuiker vinnig met elektriese klitser tot liggeel.
Sif die meel en bakpoeier saam en vou in.
Giet die gesmelte margarien by en klits tot gemeng.
Vul elke muffinholte halfvol met die beslag en plaas baba appeltjies in die middel van elk.
Bak vir 8 – 12 min..
Laat afkoel!
Plasing: Ronel Snyman