ANCOISE SE DONUTS
5 koppies koekmeel
10 ml sout
1 pakkie kitsgis
50 ml stroop
1 koppie kookwater
1 koppie kouewater
80 ml kookolie
Meng die droë bestanddele.
Los stroop op in ‘n koppie kookwater.
Klits olie by en voeg koue water by die kookwater, stroop en olie oplossing.
Voeg droë bestanddele by vloeistof en meng tot deeg vorm en knie tot elasties.
Plaas sakkie oor oppervlak wat met bietjie olie gesmeer is en laat rus tot dubbel volume.
Knie af en sny met donut snyer in sirkels. Bedek met klam doekie.
Laat weer verdubbel in volume en bak in warm kookolie.
Resep: Ancoise Strydom








