


KOM ONS BAK Ń BOERBROOD
Daars hy, jou plantjie het ń huppel in sy stap, ń flikker in die oog en is op soek na avontuur.
Nou goed, hier gaan ons en maak seker jy verstaan elke stap/fase, want dit gaan jou eindproduk bepaal. Moet asseblief net nie weghardloop nie, dit is regtig nie moeilik nie. As jy kan brood bak gaan dit help, maar dit is nie ń vereiste nie.
Ek gebruik graag bakkers formules as ek bak, veral brood, want dan pas jy jou resep aan by die hoeveelheid meel wat jy het om te gebruik. Die formule waarmee ek werk kom oorspronklik van ń baie goeie vriend af en ek plaas sy oorspronklike skrywe/instruksies onderaan. Ek moet bieg, ek het amper ń jaar aan en af gesukkel en menige bakstene gebak voor Kobus my gered het. Lees asb sy stukkie, ek is seker julle sal net soveel baat vind daarby as wat ek het. Continue reading







