

FLOPVRYE KERSKOEK
Ook bekend as die “Never fail Christmas cake”.
Food Lovers Market se vrugtekoekmengsel kan gebruik word in plaas van die sultanas, korente, skil en rosyntjies.
Kook die volgende saam vir 20 minute oor lae hitte:
500 g botter of margarien
2 koppies korente
2 teelepel koeksoda
2 teelepel kaneel
2 koppies suiker
2 koppies rosyne
2 koppies sultanas
2 teelepels gemmer
½ teelepel neutmuskaat
2 koppies water
Laat staan om af te koel en voeg dan die volgende by:
500 g kersies
500 g gekapte dadels
1 koppie gemengde skil
1 koppie gekapte pekanneute
Voeg die volgende by:
4 koppies gesifte koekmeel
4 eiers, goed geklits
4 teelepels bakpoeier
1 koppie lemoen marmelade
Voer koekpanne baie goed uit.
Voorverhit oond tot 220°C.
Draai die oond af na 120°C en bak die koek vir 3½ tot 4 ure.
Plaas ‘n deksel bo-oor die koek en moenie afhaal voor die laaste halfuur nie.
Resep: Joey Hammond de Lange






