INGELEGDE KNOFFEL
1 kg knoffel losgemaak van huisie
Plaas die knoffeltoontjies in kouewater vir 2 ure en vryf die skilletjies af.
Plaas die knoffel in ‘n erde- of vlekvrye staal pot. Voeg net genoeg water in die pot, totdat die knoffel bedek is met die water. Kook vir 2 minute en dreineer. Pak die knoffel in gesteriliseerde bottels.
Kook saam:
1 ½ koppie suiker
2 koppies asyn
knippie sout
Giet die sous oor die knoffel in die bottels en seël die bottels.
Nota:
Die belangrikste van knoffel inlê, is om slegs vlekvrye staal- of erde potte te gebruik.
Geen aluminium nie!
‘n Chemiese reaksie vind plaas met elemente in die water, wanneer koper, yster ens. gebruik word en dit is die oorsaak dat knoffel groen, blou of pers verkleur.
Gebruik slegs gedistileerde water en die produk gaan pragtig wit bly! Ons gebruik battery water.
As jy wil “pickle”, kan jy ongeveer ‘n teelepel “pickling spice” byvoeg.
Resep: Christine Cotter