WENNER HOENDERLEWERS
“Die resep maak redelik baie. Dit wat gebêre word, is môre/oormôre nog lekkerder.”
250 – 500 g hoenderlewers
1 ui
2 knoffelhuisies of 1 teelepel gekneusde stukkies knoffel of 1 teelepel braaispeserye
1 teelepel vars gesnipperde gemmer of ½ teelepel gemmerpoeier
1 – 2 teelepels kerriepoeier
1 teelepel borrie
1 teelepel koljander
1 teelepel komynsade
1 klein pakkie tamatiepasta
1 blik boeresmoor of gewone tamatie-uiesmoor
Opsioneël ekstra:
1 blik sousboontjies
125 – 200 ml vars room
Braai uie en lewers saam.
Wanneer lewer en uie amper gaar is, voeg al die speserye by en braai so 3 – 5 minute.
Voeg tamatiepasta en blik boeresmoor/tamatie-uiesmoor by.
Voeg sousboontjies by (nie nodig, maar is lekker).
Kook alles stadig vir 15 – 20 minute.
Voeg room by (nie nodig indien jy nie het nie).
Geniet dit saam rys, pap of op brood.
Resep geplaas deur Hennie Roos.