SMOORSOUS VIR WARMBRAKKE
3 gekerfde uie
½ blikkie tamatiesmoor
3 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels suiker
½ teelepel brandrissievlokkies
1 teelepel knoffelvlokkies
½ teelepel italiaanse speserye
witpeper en swartpeper na smaak
½ teelepel sout
klaar gaar wors
gebotterde brood rolletjies
Meng al die bestanddele, laat dit prut en afkook tot lekker warm.
Verhit die gebotterde rolletjie op die kole en plaas ‘n stukkie wors op die rolletjie en ‘n skeppie van die smoormengsel bo-op.
Foto en resep: Gideon Louw