TUNAKOEKIES
2 blikkies tuna
1 ui, gerasper
½ koppie bruismeel
½ koppie mayonnaise
2 eiers
sout, peper, Aromat en pietersielie na smaak
Meng alles goed saam. Die deeg is slap. Bak in pan met net bietjie olie.
Draai plaat af tot 1 en bak lepelsvol.
Heerlik en sit nie vas nie.
Resep: Retha du Toit