
FRIKKIE SE VISKOEKIES
Resep: Frikkie Jones
FOOD LOVERS RECIPES
1 ui, gebraai in genoeg botter tot ligbruin
3 blikkies tuna, gedreineer
3 tunablikkies louwarm kapokaartappel (sonder melk)
gekapte pietersielie na smaak
gekapte rissie na smaak
sout en peper na smaak
Meng alles saam.
Vorm in koekies en laat afkoel.
Rol in gegeurde koekmeel, dan geklitste eier dan droë broodkrummels.
Die viskoekies kan nou verpak en gevries word indien verkies.
Haal soos nodig uit en ontdooi in yskas en vlakvetbraai.
Jy kan enige ander vis ook gebruik. Bly net van die ratio 1:1 met vis en aartappel.






