

SPEK EN KAAS BROOD MET BRUISMEEL
Het nie regtig ‘n resep gebruik nie. Het 2 brode gemaak, want ek het net klein broodpanne. So ek het die 1 in die broodpan gemaak en die ander een in ‘n oondvaste bak.
4 koppies bruismeel
1 ½ koppies melk
½ koppie kook water
kaas
knippie sout
½ ui
knoffel
groen soetrissie
spek
Braai ui, knoffel en soetrissie in ‘n pan en voeg spek en 1 teelepel BBQ spice by. Meng meel, sout en kaas saam en voeg water en melk by. Gooi spek en soetrissie laaste in en meng goed deur.
Skep in gesmeerde brood pan en bak op 190°C tot gaar. Neem omtrent 30 – 40 min.
Foto en resep: John Persent






