

LORRAINE SE AARTAPPELGEBAK
klein aartappeltjies (hoeveel jy nodig het)
1 prei gekerf
1 pakkie gesnipperde ontbytspek
½ pakkie bruin sampioene, gekerf
kaas
swart peper en sout na smaak
Kook aartappels tot gaar en plaas in ‘n bak.
Braai spek, gekerfde prei en sampioene apart van mekaar. Voeg alles saam en braai dit weer. Strooi dit oor die aartappels en strooi kaas oor.
Plaas dit in die warm oond vir so 10 min en plaas dit daarna op rooster tot die kaas goed gesmelt is.
Resep geplaas deur Lorraine Lolla Mouton
Foto: Lorraine Lolla Mouton






