

KOLWYNTJIES
Kook saam:
125 ml olie
185 ml melk
Laat heeltemal afkoel.
Klits saam:
250 ml suiker
4 eiers (klits een vir een eier by suiker tot lig van kleur)
Meng droë bestanddele saam:
375 ml meel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
Meng goed.
Voeg nou droë bestanddele om die beurt met melk, so in drie gedeel om die beurt by.
Voeg nou 5 ml vanilla geursel by deegmengsel.
Skep in kolwyntjie pannetjie en bak 15 minute in oond van 180ºC.
Heerlike versiering:
Klits saam tot lekker glad:
1 koppie versiersuiker
¼ koppie botter
Roer die volgende by, moenie klits:
¼ koppie roomkaas
5 ml vanilla essense
Versier kolwyntjies soos verkies.
Heerlik, lekker eet!
Resep: Lynne Du Plessis
Terugvoer: Juanita Vermeulen
Hi Lede ek het gaan rond krap op die blog opsoek na ‘n cupcake of kolwyntjie resep. Ek het op die een afgekom sonder ‘n foto en besluit om dit te maak. Mensig dis vrek lekker. Lekker sag en klam. Glad nie droog nie.
Nota: Die versiersel se resep se verhouding teenoor die hoeveelheid kolwyntjies is uit. Ek het 36 kolwyntjies met die resep gekry en kon net 18 kolwyntjies versier so dalk maak die
versiersel se resep dubbeld aan. Lekker naweek






