

KERRIE AARTAPPELS
Resep en foto: Zonia Visser
FOOD LOVERS RECIPES
Die kerrie aartappel resep wat ek altyd gebruik:
6-8 aartappel geskil in blokkies gesny en gaar gekook
Sous:
Braai ‘n gesnipperde ui saam:
2 eetlepels kerriepoeier
1 eetlepel asyn
1 eetlepel suiker
Voeg by:
1 koppie blatjang
1 koppie water
1 eetlepel maizena gemeng in water en kook tot sous.
Skep die sous oor die aartappel en bedien. Kan ook rosyne of gesnipperde chives bysit.







geskuif