

GEROOSTERDE PAMPOENSKYWE
Nog ‘n koue koue aand, maar het ‘n laaaang dag van skool gehad, en het nie krag vir pampoenkoekies. Dan is die resep altyd ‘n wenner-en die huis ruik na my ma se kos. ❤️
6-8 skywe pampoen met skil aan, en pitte
2 eetlepels olyfolie
sout en peper
gemengde speserye
vars roosmaryn
Meng alles saam en sprei uit oor bakplaat met bakpapier. Bak 20-30 minute by 200°C tot gaar. Bedien met pitte en al bo-oor.
Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs






