BIANCA SE AARTAPPEL EN KAAS KOEKIES
3 medium aartappels
12,5 ml (1 eetlepel) koekmeel
1 eier, geklits
5 ml (1 teelepel) sout
40 g (100 ml / ¾ koppie) kaas, gerasper
Skrop, skil en rasper die aartappels en meng met die ander bestanddele.
Verhit ʼn klein bietjie olie of vet in ʼn pan en braai lepelsvol van die mengsel totdat die koekies aan albei kante ligbruin is.
Resep en foto: Bianca Wolmarans