VARKWORSIE STOKKIES MET SPAGHETTI
1 pakkie varkworsies
5 klein wit uitjies
5 ingelegde pynappelringe
paar mini sosatiestokkies
Vries die varkworsies en sny in ringe. Skil die uitjies en sny dit in dikkerige ringe. Sny die pynappelringe in kwarte. Ryg als aan die stokkies en braai op kole (ek het myne in die oond gemaak in bietjie olie). Die pynappel se soet gee genoeg geur dat ‘n marinade nie nodig is nie.
Bedien saam met spaghetti waarby ek ‘n blikkie soet tamatie smoor gemeng het.
Foto: Christelle van Rooyen
Geskuif na nuwe blog