SUIKERMIELIE BIERBROOD
500 g bruismeel
1 teelepel sout
1 x 330 ml blikkie of botteltjie bier
½ blikkie suiker roommielies
Roer alles saam goed deur. Skep in ‘n broodpannetjie, pak ‘n paar uieringe bo-op, rasper kaas oor en bak by 180° C vir ongeveer 50 minute.
Resep geplaas deur Petré van Jaarsveld
Foto: Petré van Jaarsveld