

SKUD AARTAPPELS
Al die bestanddele is na eie keuse en afhangende van hoeveel persone bedien word.
uie fyngesny
olie vir braai
water
aartappels in blokkies gesny
sout na smaak
200 – 250 g margarien
1 pakkie wit uiesoppoeier
Braai die uie in ‘n warm pan met bietjie olie tot effe bruin.
Voeg genoeg water by vir die hoeveelheid aartappels wat benodig word en voeg die aartappelblokkies en sout na smaak by die water en uiemengsel. Kook totdat die aartappels sag is en drieneer die water af.
Plaas intussen die margarien in ‘n mikrogolfbestande bak en roer dit met ‘n vurk tot sag.
Voeg die soppoeier by die sagte margarien en meng goed deur tot geen klonte en die mengsel glad is. Plaas die mengsel in die mikrogolfoond en smelt of kook die mengsel vir ongeveer 4 min, roer elke 30 sekondes.Wanneer dit gaar is, voeg die botter en sopmengsel oor die aartappels in die pot, plaas die deksel op en skud goed! Daar gaan effe “mash” en effe stukke wees.
Nota:
Indien die margarien en sopmengsel te dik is, kan jy water byvoeg terwyl dit deurkook in die mikrogolf.
Resep: Retha Booysen van Rensburg






