

SKAAPNEK EN SKENKELS MET STAMPMIELIES
Gekook in ‘n prutpot
1 kg skaapvleis
3 aartappels
3 wortels
Knorr se bobotie sous aangemaak met 600 ml water
1 koppie stampmielies
Ek gooi die stampmielies eerste in die pot, net die bodem bedek want ons is net 3, dan die vleis, met aartappels en wortels.
Geur met sout, peper en enige lekker speserye.
Ek het Knorr se bobotie “cook in sauce” gebruik met 600 ml water.
Sit ook in die pot, kook op high vir 6 ure.
Ek moes 1 keer nog bietjie water byvoeg omdat die stampmielies die water opneem. Te heerlik vir woorde.
Nota: Ek meet niks af nie. Ek gooi die stampmielies in sodat die bodem net bedek is, want hulle swel baie uit. En ek week dit ook nie vooraf nie.
Ek roer glad nie die pot nie. Ons skep lekker diep in om die mielies saam die vleis, heerlike sous en groente te skep.
Resep en fotos: Susan van Dyk
Ansie Weber
Ek doen dit ook. Plaas so 2 koppies stampmielies onder in. My vleis – lekker vetvleis soos skenkels en ribbetjie, stukkie opgekapte varkspek.
2 aartappels, in blokkies
En ek sit ‘n koppie sugarbeans in.
Maak my pot driekwart vol water – die samp absorbeer water.
Op auto deur nag.
Volgende oggend maak ek ‘n vinnige kerrie aan en voeg by.
Sit op “cook” vir so uur.
Dis heerlik😊






