

SJOKOLADE KOEKIE KOEK – CHOCOLATE COOKIE CAKE
250 g margarien
150 ml stroop
160 ml kakaopoeier
2 x 80 g sjokolade “slabs”
5 ml vanilla
2 pakke gebreekte tennisbeskuitjies
Versiersel:
4 x 80 g sjokolade “slabs”
Smelt margarien en stroop saam – moenie kook nie.
Haal van hitte af.
Voeg kakaopoeier en 2 x 80 g sjokolade “slabs” by en meng tot glad en blink.
Voeg dan vanilla by en laaste die gebreekte tennisbeskuitjies.
Druk vas in ‘n 20 cm koekpan wat uitgelê is met bakpapier.
Laat afkoel en plaas dan in yskas vir teminste 2 ure.
Smelt 4 x 80 g sjokolade “slabs” en gooi oor koek wat op ‘n afkoelrakkie geplaas is.
Resep aanpassing en foto: Suenell Liebenberg







geskuif