SJOKOLADE KOEK MET SJOKOLADE STROOP
60 ml kakao
125 ml kook water
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
1 blik karamel kondensmelk
250 ml styf geklopte room
Stroop
1 koppie water
1 koppie suiker
45 ml kakao
1 tlp vanilla
Meng kakao en kookwater tot glad. Laat koud word.
Klits suiker en eiers tot lig. Voeg olie by en klits goed.
Voeg kakao mengsel by, meng deeglik.
Sif droë bestandele by en meng goed.
Skep in twee voorbereide ronde koek panne.
Bak teen 180ºC vir 20-25 min of tot gaar.
Stroop
Kook al die stroop bestandele saam tot suiker gesmelt is.
Ek laat my stoop afkoel.
Sny koeke in die helfde. Deel stroop tussen die vier helfdes. Plaas een koek op opdien bord, en gooi stroop eweredig oor. Smeer met ‘n laag karamel kondensmelk en dan ‘n laag styf geklopte room. Plaas die volgende laag koek op en herhaal tot al die lae gedoen is.
Versier soos verlang.
Resep en foto: Nicolette Papas
2de foto: Ilze Garbers Jacobs
Ek moes vanoggend vinning iets maak vir poeding vir na potjiekos vannaand, en besluit ek soek maar weer by die staatmakerresepte van Food Lovers.So hierdie is Nicolette Papas se Sjokolade koek met skokolade stroop, wat ek net aangepas het deur 1t koffiepoeier in die beslag en stroop te gooi, en een groot koek te bak.Ek plaas die link hieronder.Kan nie wag vir poedingtyd nie!!
Geskuif deur Nicolette Papas