

ONGEKOOKTE RISSIE SOUS
My chillie resep. Lekker en kook dit glad nie.
20 rooi rissies
4 uie
8 knoffelhuisies
1 groot blik appelkooskonfyt
¾ koppie Worcestersous
2 eetlepels asyn
1 eetlepel sout
Maal rissies, uie en knoffelhuisies fyn. Voeg res van bestanddele by. Meng goed en gooi in flesse. Verseël.
Resep: Stephanie Kriel






