


LORRAINE SE PERFEKTE BROOD
10 koppies koekmeel
2 pakkies kits suurdeeg
6 eetlepels melkpoeier
4 eetlepels suiker
1 eetlepel sout
Lou warm water so amper ‘n liter
Meng al die droë bestanddele saam.
Maak holte in die middel.
Gooi water geleidelik by en meng tot ‘n lekker deeg gevorm het, smeer hande botter en knie goed deur.
Maak warm toe en laat rys tot dubbel die hoeveelheid.
Knie af, deel in 2 dele en sit in gespuite broodpanne. Maak weer warm toe en laat rys. Bak vir 1 uur en 10 minute by 180 ºC. As uit oond kom, smeer botter oor kors.
Resep geplaas deur Loraine Peyper Viljoen
Foto: Loraine Peyper Viljoen en Yollie Moolman






