BIERBROOD
3.5 koppies bruismeel
3 eetlepel suiker
1 botteltjie bier of soveel nodig
1 koppie kaas
1 eetlepel roosmaryn, fyngekap
Meng die droë bestanddele in ‘n mengbak en maak aan met die bier tot die deeg die regte tekstuur het. Plaas in ‘n gesmeerde broodpannetjie.
Bak vir ‘n uur of tot goudbruin teen 180ºC. Dit flop glad nie en is heerlik.
Foto: Lettie van der Merwe – Ek het die resep probeer, maar nie ‘n broodjie gebak nie maar muffins, aangesien ek ‘n paar wil vries. Ek is aangenaam verras en sal dit beslis weer maak, dis regtig baie lekker. Julle kan maar probeer.
Resep: Mariaan Ferreira