WORSIES IN FRANSE BROOD ROLLETJIES
8 – 9 snye brood
200 ml gerasperde kaas
8 – 9 viennas
375 ml melk
3 groot eiers
sout en peper
olie vir vlakbraai
Rol snye brood plat met ‘n koekroller. Verdeel die kaas tussen die snye brood (sprinkel oor), sit ‘n worsie op elke sny en rol styf op. Klits melk, eiers, sout en peper saam. Doop elke rolletjie in eiermengsel, en druk die naat goed vas. Braai oor ‘n lae hitte tot al 4 kante bruin is. Bedien met tamatiesous, mosterd of blatjang.
Resep en Foto: Ilze Garbers Jacobs