

TUNA EN SAMPIOEN PASTA
½ pak gnocchi pasta
1 blik tuna
1 blik sampioene
1 eetlepel Ina Paarmans hoender speserye
1 eetlepel Ina Paarmans cajun speserye
1 pakkie Royco cheese, ham and mushroom pasta sous
2 eetlepels soet rissie sous
knoffel botter
Maak pasta soos normaalweg gaar.
Verhit die knoffel botter in ‘n pan tot gesmelt. Gooi die blik sampioene en die speserye in en braai. Voeg die blik tuna by en braai verder. Gooi die soet rissie sous by en haal van plaat af.
Meng die tuna en gaar pasta goed saam.
Maak die sous aan en meng by die pasta gereg in.
Foto: Suzaan Steenberg







geskuif