

SLAKKEPOT ERTJIESOP
Resep en foto: Chantélle En Ben Saayman
FOOD LOVERS RECIPES
500 g gesplete ertjies (split peas)
2,5 liter water
sopvleis (shin), 2 stukkies
3 teelepels sout
2 ml swart peper
1 teelepel gedroogte pietersielie
3 wortels
2 aartappels
2 uie
4-in-1 sopmengsel
Kook tot gaar. Gooi water by tot verlangde dikte, dit is baie dik, sout en peper na smaak.
Nota: As ek dit in die stoompot sit is dit binne 1 uur reg sonder dat ertjies geweek was. Ek het dit in die slakkepot gesit gisteraand, ertjies ook nie geweek nie, seker so 2 ure op hoog en toe op laag tot net na 5 vanoggend. Toe was alles sag.






